Modulekode | JUR 110 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Regsgeleerdheid |
Module-inhoud | *Vir LLB en BA/BCom met spesialisering in regte Die module bevat beide `n teoretiese- en vaardighede-komponent. Alle elemente hieronder beskryf behels konseptuele kennis gekombineer met praktiese toepassing. GRONDLIGGENDE REGSFILOSOFIESE ASPEKTE VAN REG/DIE REG IN DIE ALGEMEEN (a)`n Eerstejaar-definisie van reg/die reg (b) Die verband tussen reg en die samelewing, reg en geskiedenis, reg en politiek, reg en taal (c) Wat dit behels om `n regstudent of regsgeleerde in Suid-Afrika te wees (d) Inleiding tot verskillende perspektiewe op die reg DIE SUID-AFRIKAANSE REGSISTEEM EN DIE HISTORIESE ONTWIKKELING DAARVAN BRONNE VAN DIE SUID-AFRIKAANSE REG EN DIE HISTORIESE ONTWIKKELING DAARVAN (a) Inleiding tot die eienskappe en komponente van die Suid-Afrikaanse regsisteem (b) Gemengde regsisteme (c) Die Suid-Afrikaanse grondwet en die historiese ontwikkeling daarvan Inheemse reg en die historiese ontwikkeling daarvan (d) Die gemenereg en die historiese ontwikkeling daarvan (e) Regspraak, wetgewing en ander bronne van moderne Suid-Afrikaanse reg (f) Toepassing van die bronne van die reg op `n feitestel en gebruik van die bronne van die reg om `n jurisprudensiële vraag te beantwoord. BOGENOEMDE INHOUD VORM DIE BASIS VIR DIE VAARDIGHEDE-KOMPONENT, WAT AKADEMIESE GELETTERDHEIDSVAARDIGHEDE INSLUIT: (a) Navorsing in die biblioteek (b) Die vind, lees en toepassing van die bronne van die reg; (c) Die lees, verstaan en opsom van tekste met regsonderwerpe; (d) Die ontleding, kritisering en verbetering (redigering) van skryfwerk oor die reg in `n teoretiese sin (e) Die skryf van `n goed-gestruktureerde paragraaf of opstel oor regsprobleme en regs - of regshistoriese onderwerpe |
Modulekrediete | 15.00 |
Programme | |
Diensmodules | Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Fakulteit Geesteswetenskappe |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 4 lesing per week, 4 seminare per week, 1 tutoriaal per week |
Onderrigtaal | Beide Afr en Eng |
Akademiese organisasie | Regsleer |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App